top of page

Onkonvensioneel
As ek vir jou vra: “Hoekom doen jy dit só” en jy antwoord: “Ek doen dit nog altyd so”, beteken dit nie jy is reg nie!
Daag jouself uit. Vind ander maniere om dinge te doen!
Dink: “Out of the Box”. As iemand jou vra “hoekom’’ is jou teen-antwoord “hoekom nie”?
Planne:
-
Borsel jou tande met jou dom hand. (Hoekom? Hoekom nie??)
-
Loop agteruit in die gang. (Hoekom? Hoekom nie??)
-
Slaap met jou kop by die voete en jou voete by die kop. (Hoekom? Hoekom nie??)
-
Parkeer jou motor agterstevoor in die garage. (Hoekom? Hoekom nie??)
-
Verander die volgorde van jou stort- en aantrek roetine. (Hoekom? Hoekom nie??)

bottom of page
