Die lewe voor en na die Corona
- May 5, 2020
- 2 min read
Kom ons kyk wat dink Dr Lizelle van die lewe voor en na die Corona!
Herbedraad die grendels
So is ons nogsteeds onseker oor die jaar 2020. Net toe die jaar mooi op dreef kom en ons almal
kla omdat ons heeltyd besig is - te veel balle in die lug het - vakansie nodig het... Toe tref die
Corona , die lockdown, die spanning en die geldstress!!!
(Be careful what you wish for!)
Van een ding kan ons verseker wees. Die lewe na Corona kan nie dieselfde wees as die lewe voor Corona nie!!!
...dankie tog...
Wat het verander en is steeds besig om te verander tydens hierdie pandemie?
1. Hande moet altyd raakvat (Koop nog handeroom, dis 'n essential)
Skielik hoef jou hande nie meer raak te vat vir almal buite jou huisgesin nie. Skielik moet jou
hande raakvat om self huis skoon te maak, tuin te versorg, koek te bak, die muur te verf en
kinders met huiswerk te help... en die honde bolle op te tel.
2. My liggaam-my verantwoordelikheid
Voorheen het ons gekla van kopseer, maagpyn, gewig en slapeloosheid. Alles tekens van spanning en n adrenalien-vervulde lewe. Nou is ons baie bewus van siek word, kieme en persoonlike higiene...Nou is die tyd om die oefenprogram in plek te kry. om te fokus op wat jy eet,
hoe laat jy dit eet en waarom jy juis DIT eet. Dit is nogsteeds nodig om jou tande te borsel en mooi te lyk.
3. Tegnologie
Ons kan nou tyd by mekaar deurbring vanuit die veiligheid van ons eie huis. Danksy Zoom
en MS Teams en WhatsApp Video Calls kan ons kontak hou, werk en boonop nog tyd gebruik
om die wasmasjien te gaan aansit. ( Selfs ouer mense raak nou tegnologies slim! (Watch out tieners!)
4. Waaroor gaan die lewe
Dit is miskien die mees belangrikste vraag in hierdie tyd. Ons uitdagings is om die goeie goed wat ons in hierdie tyd in plek gekry het, in plek te hou. Die keuse hoe my lewe na die pandemie gaan lyk is presies dit: MY KEUSE
Ek daag jou uit om perspektief te behou. Om te onthou dat " mense " belangriker is as ekonomie"
Dat tyd nie in gegewe is nie.
Herbedraad jou hart en verstand. Jy mag nie as die ou "jy" in hierdie nuwe fase ingaan nie. NEE jy word die opgegradeerde weergawe van jouself. Die lewe soos ons hom nou ken is verby.
Hoe wonderlik is dit nie.: ons kan lewe KIES. Leef in Verwagting. Hou self die pen vas waarmee jy jou lewensstorie skryf.
DOEN WAT JY KAN. DAAR WAAR JY IS. MET DIT WAT JY HET.
www.drlizelle.co.za







Comments