top of page

Sirkels en Vierkante

  • Jul 7, 2020
  • 2 min read

In Psalm 139 en Jeremia 1 (en verskeie ander plekke!) lees ons dat die Here ons uitgedink het. Hoe fantasties is dit nie om te weet dat Hy ons spesifiek ontwerp het volgens Sy Wil en Wens nie! Ek noem dit: Ons word ‘n sirkel gebore. Ons sirkels bestaan uit ‘n unieke samestelling van gawes, talente, lengte, oogvorm, neusvorm, belangstellings ensomeer. Ook volgens ‘n spesifieke temperamentsprofiel: melankolies (sierboom), flegmaties (denneboom), sanguinies (palmboom) en choleries (roosboom).

Ons sirkel bepaal dus hoe ons spanning sal hanteer, konflik sal bestuur, ons eie batterye sal herlaai, die tipe stokperdjies wat ons sal kies... Daar bestaan reeds ‘n resep indien jy selfkennis het. Indien ons volgens ons oorspronklike ontwerp leef – maw die sirkel leef – het ons 100% energie beskikbaar om te lééf. Dan gaan dit oorwegend goed met ons!

Wanneer die lewe egter druk op ons plaas om aan te pas/te verander/van onsself prys te gee... dan verander ons in ‘n vierkant... Die druk lei daartoe dat ons rondings in 90grade hoeke verander. Dan gebruik ons bv 60% van ons energie net om die vierkant vorm te behou (en ‘’in te pas’’), terwyl ons dan net 40% energie oor het om te leef. Dit is natuurlik ook so dat hoe meer energie ons vermors om die vierkant vorm te behou, hoe meer energie het ons nodig om te vermors om die vierkant vorm te behou. So, kort voor lank gebruik ons 90% van ons energie om die verkeerde vorm in stand te hou... en het ons slegs 10% energie oor om te leef.

En dis waar die moeilikheid begin. Angs, spanning, konflik, irritasie met alles en almal, verlies aan lewensvreugde, wakker lê in die nag, skel en skree op almal... ook onnodig hard wees op jouself.

Doel:

  1. Weet dat jy die verkeerde vierkant is.

  2. Kies om die sirkel te wees.

  3. Weet hoe lyk JOU sirkel - selfkennis is die begin van die oplossing.

  4. Kry tegnieke om elke keer weer in jou sirkel terug te ‘’pop’’ as jy in ‘n vierkant was vir ‘nrukkie.

.

 
 
 

Comments


Featured Posts
Check back soon
Once posts are published, you’ll see them here.
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square

© 2023 Proudly created with Wix.com

bottom of page