Vasgevang
- Dr Lizelle
- Jun 10, 2020
- 2 min read
Vasgevang…
Tekens en Simptome
Gesprekke met mense bevestig net een ding: daar is talle V R E S E wat ons tans koester.
Vasgevang – in omstandighede, in spanning, in verhoudings… in huise!
Radeloos – ons wonder oor die toekoms… wat gaan aan… en wanneer gaan ons weer beheer hê
Engtevrees – alles druk… finansies, onsekerheid!
Swak – ons voel letterlik kragteloos. Lamgelê…
Eensaam – ‘’niemand’’ verstaan nie… ek isoleer…
Hierdie VRESE hou ons vas in dié deel van ons brein waar adrenalien vrygestel word. Daarom wil ons heeltyd veg en vlug!
2 Oplossing
Ons einddoel is om V R E D E te hê…
Vry – ons kan self besluite neem en keuses uitoefen.
Redelik – ons is darem logiese en rasionele wesens…
Entoesiasties – die ‘’nuwe normaal’’ is ‘n avontuur wat op ons wag.
Dapper – ons is toegerus om die toekoms aan te pak – ons sal dit maak!
Eklekties – ek vat stukkies en brokkies van dit wat vir my sin maak en ek skep my eie lewensfilosofie.
Hierdie VREDE maak ons verantwoordelik om in dié deel van ons brein wat beredeneerd en nugter is, te bly!
Hoe kom ek van VRESE na VREDE?
3 Plan
Hartseer: Huil jou 1000 trane. Moenie opkrop nie. Huil en huil totdat dit op is! (Vir sommige mense vat dit langer!) Treur oor die verliese wat jy beleef.
Bang: Deel jou bang-wees! Gedeelde leed is halwe leed.
Liefde: Wys dit! Moenie skaam wees of terughou nie!
Kwaad: Laat dit konstruktief uitkom by die 3 Emosionele Uitgange van jou liggaam: hande, mond en voete. Met ander woorde: kry oefening in, hou kussinggeveg in jou huis, gooi mekaar met opgefrommelde koerantballe… stoei, giggel en lag! Dit ontlaai jou energie.
Kies VREDE
Doen wat jy kan, daar waar jy is, met dit wat jy het.










Comments